Waar moet ek opbrengs op my geld vandaan kry?

`n Vraag wat ek die afgelope tyd gereeld kry is of daar nie 'n plek is waar 'n belegger beter rente of opbrengs op sy of haar geld kan kry nie.  Soos meeste beleggers alreeds weet het rentekoerse die afgelope tyd skerp gedaal en is jy gelukkig as jy êrens op 'n korttermyn bankdeposito 'n koers van meer as 5.5% kry.  Jy kan beter doen, maar dan moet jy jou belegging vir 'n lang tyd van soveel as 5 jaar vas belê en vir baie mense is dit te inperkend. Op die meeste van hierdie tipe beleggings moet ...
Publication: Rapport

Effekte trusts of kollektiewe beleggingskemas

Ons het nou al baie oor die filosofie van belegging of die noodsaak van ʼn goeie beleggingsplan geskryf. Telkemale sou die onderliggende beleggingsinstrument effektetrust wees al was dit net implisiet so bedoel. Maar hoekom is effektetrusts so gewild? In die eerste plek gaan dit oor die feit dat enige persoon, met min of baie fondse daarin kan belê. Dit is maklik om dit te doen. Die proses wat gevolg word is dat al die verskillende beleggers se fondse bymekaar gevoeg word en dan aan die toegewysde ...
Publication: Rapport

Wysheid met die grysheid

Ek vertel graag die storie van die onderwyser wat skoolhoof geword het en wat terselfdertyd n baie suksesvolle belegger was. Ek het hom eendag besoek en hom gevra wat is sy sukses resep wat hom so 'n suksesvolle belegger gemaak het. Sy resep was baie eenvoudig maar baie kragtig; koop kwaliteit aandele, bly in vir die langtermyn en moenie paniekerig raak as die mark val nie. Dit het nog altyd vir my gewerk om kwaliteit aandele te koop. Die definisie hiervan is seker die groter markkapitalisasie ...
Publication: Rapport

Beleggingsgeleenthede

Op ons onlangse beleggingsaanbieding aan kliente en voornemende beleggers het my kollega Leon Mostert in breë trekke  na beleggingsgeleenthede gekyk. Daar is  drie hoof kategorieë waarin mens beleggings kan verdeel nl rentedraende beleggings, versamelaarsitems en dan produserende bates. Rentedraende  beleggings sluit in goed soos bankdeposito’s, staats- en korporatiewe effekte en geldmarkfondse. Jy kan seker selfs so ver gaan en huislenings ook hierin kategoriseer asook deelnemingsverbande. Hierdie ...
Publication: Rapport

Beskerming van Familie Welvaart

Volgens ‘n onlangse verslag van Prudential sal daar teen 2016 ongeveer 250 000 dollar miljoeners in Suid-Afrika wees. Hierdie groep suksesvolle mense gaan al hoe meer met finansiële adviseurs moet saamwerk om hierdie welvaart vir hulle te laat werk en vir die familie te beskerm. Die navorsing van Prudential wys ook dat hierdie groep mense sekere verwagtinge van hulle finansiële adviseurs het, onder andere in rangorde: Die behoefte om reeds verkrygde welvaart te beskerm Effektiewe portefeuljebestuur Spesialis ...
Publication: Rapport

Archive