The annual budget speech is an eagerly anticipated event, but for many its importance only goes as far as the impact it has on how much taxpayers will have to fork out in the year ahead. However, the budget also provides meaningful glimpses of the direction in which government policy and thinking is steering.
With a R16bn shortfall in tax revenue in the year ending February 2013, many commentators feared tax increases for the well-to-do. But in the end speculation about a so-called “wealth tax”
...
FinMonitor het met Willie Fourie, Hoof Uitvoerende Beampte van PSG Konsult Trust, gesels en doen verslag.
’n Aantal jare gelede is daar berig oor die geldigheid van ‘n testament wat deur familielede van ’n oorlede sakeman van Groenpunt betwis word op grond daarvan dat hy aan demensie gely het en nie in staat was om na sy eie belange om te sien nie.
In ’n neutedop is die feite die volgende: Mnr Cecil Finneran (95) het met sy versorger van tien jaar getrou, sy testament verander en
...
Tydens ‘n onlangse gesprek oor hoe duur alles geword het, vertel ‘n kollega dat hy in 1981 R13 700 vir ‘n Mercedes Benz 200 betaal het. Vandag kos ‘n soortgelyke motor sowat R550 000.
Veral ouer lesers sal waarskynlik elk hulle eie stories hê oor die vernietigende effek van inflasie op die koopkrag van geld. Ek kan byvoorbeeld terugdink aan my dae in standard vyf (1975) toe ek ‘n behoorlike worsrolletjie en ‘n koeldrank of ‘n tjoklit by die snoepie kon koop met 20c. Verder onthou
...
Die nasleep van 2008 se finansiële krisis is ‘n brose wêreldekonomie, bankkrisisse, onstellende regeringskuldvlakke, ongekende staatsbesuinigings, geforseerde lewenstylverlagings, gemeenskapsprotes, -wanorde en -anargie, politieke kleitrappery. Euroland is in resessie en die VSA ekonomie bly stotter ondanks massiewe geldinspuitings in beide sones. Vertroue in beleidmakers, bankiers, politici en baie internasionale agentskappe het getuimel.
Van China is verwag om die superlokomotief van die
...
Nog ‘n kulskemabom het onlangs gebars. Die RVAF (“Relative Value Arbitrage Fund”) van wyle Herman Pretorius en sy trawante het in duie gestort. Nog goedgelowige beleggers lek hul wonde; Baie steier onder die terugslag . Uiteindelik het hulle hulleself te blameer.
As die koeël reeds deur die kerk is, is dit die moeite werd om weer hierdie holruggeryde onderwerp te takel?
Beslis JA en vir , ten minste , die volgende redes:
Alle beleggingsadviseurs, ons inkluis, het ‘n plig teenoor
...